103 The Dunes
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kom bly gerus by dié moderne selfsorg-eenheid in The Dunes Resort in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai as jy volgende keer die Tuinroete verken. Ons is 'n hanetreetjie van die strand af en daar is 'n geplaveide wandelpaadjie wat na die strand lei.
Die eenheid bied slaapplek vir 4 gaste en ook vir 2 kinders of 1 volwassene op die slaapbank in die sitkamer. Die eenheid het 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer en 'n kombuis met 'n skottelgoedwasser en 'n badkamer op die onderste vloer. Die hoofslaapkamer, tweede slaapkamer en tweede badkamer is op die boonste vloer. Dubbeldeure lei na die omheinde, privaat tuin met 'n ingeboude braai, bedekte onthaalarea en parkeerplek vir 1 voertuig. Bad- en strandhanddoeke vir 4 gaste word voorsien. Skoonmaakdienste word nie voorsien nie. WiFI is beskikbaar. Let wel dat die eenheid nie aan matrieks verhuur word nie.
Geriewe op perseel sluit die volgende in: DStv, 'n restaurant en kroeg, 'n haarsalon, winkels, ’n swembadden, 'n speelgrond, 'n wassery met 'n wasdiens, 'n karwasdiens, 'n visskoonmaakstasie, ablusiegeriewe en 'n uitkykdek by die strand vir walvis- en dolfynkyk. Parkeerplek vir bote en sleepwaentjies kan op versoek voor aankoms gereël word.
Doendinge in die omgewing sluit die volgende in: visvang, walvis- en dolfynkyk, riviervaarte, bootry, kano, voëlkyk, voetslaan, perdry, gholf, bergfietsry, fietsry, reksprong, valskermspring, wildkyk en -ritte, wynproe, 'n aantal dieretuine en voëlparke, 'n beskermingsgebied vir wolwe en 'n legkaartpark en avontuurpark.
Interessante plekke in die omliggende area sluit talle historiese gedenktekens, die Nelson's Bay Grot by Robberg Natuurreservaat, 'n argeologiese terrein uit die Steentydperk op die Robberg Skiereiland met bewyse van menslike aktiwiteit van 125 000 jaar gelede en een van die grootste seemeeu-broeikolonies by die Keurboomsriviermonding in.
Die eenheid is gewild onder gesinne, natuurliefhebbers, hengelaars, voëlkykers en voetslaners wat die Otterroete stap van Tsitsikamma Nasionale Park (65 km) na Nature's Valley (34 km). 'n Ideale oornagplek vir gaste wat van en na die Addo Olifantpark (304 km) en Qunu in die Oos-Kaap (682 km) reis, waar Nelson Mandela op 15 Desember 2013 op sy gesin se eiendom begrawe is.
Slaapplek
’n Bespreking by 103 The Dunes sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink 103 The Dunes het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Keurboomstrand Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Dunes Resort 103, Hoofweg 394, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom