10i Mimosa
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
10i Mimosa is 'n tripelverdieping-selfsorghuis met 'n ongelooflike uitsig oor die see en op die berge op die horison in Jeffreysbaai. Dié eienaardige houthuis is op 'n groot erf geleë.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 'n hoofslaapkamer op die boonste verdieping met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n werkspasie met 'n yskassie, en 'n balkon met 'n ongelooflike see-uitsig.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Albei slaapkamers is op die hoofverdieping geleë en het en suite-badkamers met storte, toilette en wasbakke. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en 'n sitarea met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeure lei na 'n balkon met buitemeubels.
Die onderste verdieping het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en direkte toegang tot 'n lieflike tuin met buitebraaigeriewe. Die omsetter voorsien rugsteunkrag aan die ligte, kragproppe en noodsaaklike toestelle in geval van kragonderbrekings. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Parkeerplek is op die perseel aan die onderkant van 'n steil oprit beskikbaar of in die straat vir toegang vanaf die boonste verdieping. Die huis is ideaal vir branderplankryers en spog met 'n branderplankrak en buitestort en dit is net 'n paar honderd meter vanaf Supertubes en Point.
Slaapplek
’n Bespreking by 10i Mimosa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom