11 Brenton Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

11 Brenton Park is 'n selfsorgkothuis in Brenton Park in die Lake Brenton-area van Knysna. Brenton Park is 'n veilige plek met 'n rustige en ontspanne atmosfeer. Dit is naby die strandmeer met toegang tot die jetty en is ook 'n kort entjie se ry oor die heuwel na die strand by Brenton-on-Sea. Knysna is 15 km se ry vanaf Brenton Park.

Brenton Park het 2 tennisbane, kroukie-bane, 'n swembad, 'n speelarea vir kinders, 'n wassery wat met munte werk en lieflike oop grasperke.

Dié baksteen-kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en die leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Daar is ook 'n onderdakpatio en braaigeriewe.

Die kothuis is in 'n pragtige park-omgewing geleë. Tarentale, hasies en bosbokke loop vrylik rond en die voëllewe is volop. Daar is verskeie restaurante, asook 'n winkeltjie nabygeleë.

Slaapplek

'n Bespreking by 11 Brenton Park sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Spaans
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 11 Brenton Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za