11 La Pirogue
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die hoek van Compensation Kusweg en Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
11 La Pirogue is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in 'n veilige kompleks in die hartjie van Ballito. Dit is die ideale opsie vir gesinne en vriende wat die Dolfynkus wil verken en die vebrlyf is ook stapafstand vanaf die strand.
Hierdie woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het direkte toegang tot die voorste balkon en het 'n koningingrootte-bed, baie kasspasie en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word verskaf, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die helder oopplanleefarea het 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-masjien toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na die groot balkon met sitplek, 'n gemaklike hangstoel, etenstafel en braaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en veilige parkeerplek.
Die verblyf is naby Granny's Pool-strand, Willard-strand en Clarke Bay-strand. Die naaste lughawe is King Shaka Internasionale Lughawe wat 20 km vanaf 11 La Pirogue is.
Slaapplek
’n Bespreking by 11 La Pirogue sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Die hoek van Compensation Kusweg en Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 11 La Pirogue het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die hoek van Compensation Kusweg en Jack Powell-weg, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom