11 on Karkloof

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

11 on Karkloof is in KwaZulu-Natal se Middellande geleë en bied selfsorgverblyf in 2 huise en 5 kothuise. Die perseel is 9 km vanaf Howick en is die ideale basis vanwaar besoekers die Middellande kan verken. Die area is omring deur die platteland en spog met fantastiese fietsroetes.

Dié gastehuis is privaat en op 'n 21 ha-plaas geleë en is geskik vir groot groepe. Die perseel is oorspronklik 'n sampioenplaas, en dra by tot die sjarme van die rustieke selfsorgkothuise. Falls House het slaapplek vir 15 gaste, Round House het slaapplek vir 12 gaste en die kothuise het elkeen slaapplek vir 4 gaste. Die huise kan afsonderlik of saam bespreek word, en kan ook daagliks skoongemaak word, op versoek, deur personeel op die perseel. Elke huis het 'n pragtige uitsig oor die platteland en die 2 groter huise is troeteldiervriendelik, mits vooraf reëlings getref is. Gaste het toegang tot parkeerplek.

Karkloof is 'n pragtige area en gaste word aangemoedig om hul fietse saam te bring om die roetes te verken. 11 on Karkloof is reg langsaan La Petite France wat handgemaakte kase vervaardig en kan by die plaaswinkel gekoop word. Gaste kan ook voetslaan en piekniek by Karkloof Natuurreservaat en Umgeni Valley Natuurreservaat wat nabygeleë is. Die Crane and Conservation Centre is ook in die omtrek waar besoekers kan sit en voëlkyk en foto's neem.

Karkloof het verskeie watervalle, waarvan twee Karkloof Falls en Grey Mare's Tail is. Die bekende Karkloof boomtoptoere is 15 minute se ry ver en Terbodore Coffee Roasters is 26 minute se ry ver. Die Karkloof markie is elke Saterdag vanaf 7:00 tot 11:00 en is net 4 km ver. Ander besienswaardighede en doendinge in die Middellande sluit wynproe, gholf, spa, perdry, restaurante en kunsgalerye in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 11 On Karkloof gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R738 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za