LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 117 Pinnacle Point Woonstel | LekkeSlaap
+19

117 Pinnacle Point Woonstel

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Divot-rylaan 117, Pinnacle Point Beach and Golf Resort, Mosselbaai, 6516, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

117 Pinnacle Point Woonstel is ’n gerieflike selfsorgwoonstel vir 4 gaste en is op die Pinnacle Point Beach and Golf Resort in Mosselbaai.

Hierdie woonstel op die grondverdieping bied see-uitsigte vanuit elke kamer. Dit word bereik deur trappe vanaf die parkeerarea en het ’n privaat ingang. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, ’n kombuis en ’n sitarea.

Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, asook ’n en suite-badkamer met ’n bad en toilet.

Die oopplan-kombuis is met ’n tweeplaatstoof, konveksie-oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die sitarea bied ’n uitsig oor die omliggende area en het ’n TV met DStv, Netflix, Showmax en optiese vesel-WiFi.

Die sitarea lei na ’n stoep met ’n gasbraai, piekniektafel en bied lieflike uitsigte. Die sonkrag-ligte, TV en WiFi werk steeds tydens beurtkrag en daar is parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel.

Die oord het ’n klubhuis-restaurant, ’n spa, swembad, tennisbaan, gholf-oefenbof, gimnasium en 2 klein strande wat gaste teen ’n ekstra koste kan gebruik.

Slaapplek

’n Bespreking by 117 Pinnacle Point Woonstel sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Divot-rylaan 117, Pinnacle Point Beach and Golf Resort, Mosselbaai, 6516, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Divot-rylaan 117, Pinnacle Point Beach and Golf Resort, Mosselbaai, 6516, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69c63000df7f586ade90ca624197fe94a4e0b3865a22fc8b6e72909cba13d7edd3afc4bdd7936d91ee90d48ed6f19c1b0ba5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 4) 117 Divot Drive Pinnacle Point Beach and Golf Resort 6516 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.1977 22.10248
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!