11th on 6 Avenue
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11de Laan 6, Mosselbaai, 6501, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
11th on 6 Avenue bied verblyf in bekoorlike vakansiewoonstelle in die hawedorp Mosselbaai. Die area is bekend vir die matige klimaat, goue strande en 'n rits natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.
Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede wat slaapplek vir 2 tot 6 gaste het.
Die Bernadi-woonstel beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak en die kombuis is met 'n gasstoof, yskas en 'n mikrogolf toegerus.
Die Walker-woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste en Bernadi beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Albei eenhede het kombuisie wat goed toegerus is, 'n TV met DStv, gratis WiFi en toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Van die slaapkamers het see-uitsigte.
Die eiennaar bly op die boonste verdieping en die eenhede het ’n aparte ingang. Daar is ’n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.
Besienswaardighede naby sluit Botlierskop Wildreservaat, Tuinroete Nasionale Park, wynlandgoedere, Bothastrand en Grootbrakrivier Museum in. Gaste kan visvang, hangsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk en perdry in die area geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 11de Laan 6, Mosselbaai, 6501, Wes-Kaap
- Gaste dink 11th on 6 Avenue het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Santosbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11de Laan 6, Mosselbaai, 6501, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom