by 12 Capri | LekkeSlaap
+30

12 Capri

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach-weg 49, Capri Eenheid 12, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

12 Capri is 'n moderne selfsorgwoonstel wat smaakvol versier is. Dit is op die eerste verdieping van 'n veilige, bekende vakansiekompleks in die hartjie van Amanzimtoti en word deur 2 stelle trappe en 'n hysbak bereik. 12 Capri is op die strand en bied 'n pragtige see-uitsig vanuit die leefarea en die hoofslaapkamer. Die strand en restaurante is net 2 minute se stap ver en ander besienswaardighede en geriewe soos die speletjies-arkade, kegelbal (ten-pin bowling), winkels, waterpark en wassery is stapafstand van die eenheid af wat dit ideaal maak vir ontspannings- en sakereisigers. Winkelsentrums en ander toeriste-besienswaardighede is ook net 'n entjie se ry ver.

12 Capri het slaapplek vir tot 4 volwassenes en 1 kind of 2 volwassenes en 3 kinders onder 16 jaar en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer 'n stapelbed met 'n driekwartbed onder en 'n enkelbed bo. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring as hulle 'n Premium-pakket wil kyk. Die eenheid het 'n plafonwaaier en lugversorging.

Daar is 'n gemeenskaplike braai-area op die dek en op dieselfde verdieping as die eenheid, net sowat 10 m van die voordeur af. Daar is ook 'n stort op die grondverdieping waar gaste die dag se see en sout kan afwas. Veilige parkeerplek word agter 'n outomatiese hek gebied en die kompleks en motorpark word deur geslotekringtelevisie gemonitor.

Slaapplek

’n Bespreking by 12 Capri sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Kinderbed vir 1
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 10 resensies vir 12 Capri
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Beach-weg 49, Capri Eenheid 12, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 12 Capri het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach-weg 49, Capri Eenheid 12, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c06a4c376e800749ebd5603f94114d918f927b142f6db5521a4e31b6ebaa1ce0907959d4237e3ee75964ca090933e837206?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800  per nag (plek vir 5) 10 5 1 5 49 Beach Road Capri Unit 12 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.054009706578 30.886642938394
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem