Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

12 Kersbospark

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

12 Kersbospark is 'n knus selfsorgkothuis met 'n grasdak in Kersbosstrand aan die rand van Dwarskersbos 90 minute vanaf Kaapstad. Kersbospark is 'n klein, veilige en ommuurde landgoed wat net vir inwoners toeganklik is. Die landgoed is baie stil en veilig vir troeteldiere en kinders.

Die huis het 'n pragtige uitsig op die Auroraberg en gaste kan die branders wat breek van die huis af hoor. Die 12 km lange strand is net 3 minute se stap weg.

12 Kersbospark bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met 'n hoë grasdak. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens wat op versoek teen mekaar gestoot kan word. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n strykyster. Daar is 'n wasgoedlyn met pennetjies en 'n ekstra yskas-vrieskas vir vissermanne en gaste wat langer bly. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders en 'n knus kaggel vir koue wintersaande. Die leefarea maak op 'n onderdakstoep met 'n tafel en sitplek vir 6 gaste oop. Daar is 'n groot buitebraai-area in 'n lieflike inheemse tuin. Braaigeriewe en 'n potjie is beskikbaar. Die huis is troeteldiervriendelik en die erf is veilig. Daar is parkeerplek vir 3 voertuie in die oprit.

Die Kersbospark het 'n groot gemeenskaplike swembad waarvan gaste op eie risiko gebruik kan maak. Daar is 'n boorgat, so die swembad is altyd vol.

Slaapplek

’n Bespreking by 12 Kersbospark sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir 12 Kersbospark
Netheid
4.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Christie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Jaar gelys 4

Ligging

  • Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink 12 Kersbospark het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vuurtoringstraat 16, Kersbospark 12, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8f27401c3b4e96854a8874852cce95ea7659cc7affa74929b3e3f24a99408774867f394997ac595e5fb1c09b19dca8c3880f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 16 Vuurtoring Street 12 Kersbospark 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.685837774171 18.244828041664
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem