12 on Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Beskrywing

12 on Beach is reg teen die strand in die pragtige Saldanha geleë.

Verblyf word aangebied in 9 en suite-kamers met gerieflike toegang tot die gemeenskaplike areas wat strand- en see-uitsigte bied. Daar is 'n tafel met stoele op die voorstoep en in die agterste binnehof wat meer beskut is teen die Weskuswind.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en/of stort, wasbak en toilet. Elke kamer het ook 'n moderne voorkoms en gehalte beddegoed. Kamers word van Maandag tot Saterdag skoongemaak en skoon handdoeke word daagliks voorsien. Elke kamer het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n broodrooster, ketel, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en ander kombuisware.

'n Wasgoeddiens is teen ekstra koste beskikbaar en moet vooraf tussen Maandag en Vrydag met die skoonmaker gereël word. Die eetarea kyk uit oor die see en ontbyt kan hier genuttig word. Ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar, mits dit voor of met aankoms gereël word. Gaste kan ook ander maaltye reël. Elke kamer het 'n aparte ingang.

Die sitkamer het strand-uitsigte en bied selfsorgfasiliteite sodat jy vir jou koffie, tee en ontbytgraan kan kry. Die sitkamer en gemeenskaplike areas is maklik bereikbaar vanaf die kamers en die strand. Sleutel vir dié areas word voorsien.

Veilige parkeerplek is agter outomatiese hekke op die perseel beskikbaar en al die kamers het veiligheidshekke, diefwering en noodknoppies wat aan gewapende reaksie gekoppel is.

Die ontvangsarea is aan die strand-ingang se kant en parkeerplek is by die agterste ingang vanaf Kampstraat beskikbaar, wat duidelik gemerk is.

Indien gaste na-ure (na 17:00 of op naweke) inklok, ontvang gaste 'n SMS met ingangsinstruksies en waar om die sleutels te kry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 12 On Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R600 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za