12 On Top Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

12 On Top Guesthouse is sentraal geleë in die hartjie van Piet Retief, Mpumalanga. Ons bied akkommodasie in ruim, gerieflike gastekamers en in selfsorgwoonstelle.

Die standaardkamers is elk toegerus met 100% katoenlinne, 'n platskerm-TV met DStv en tee- en koffiemaakgeriewe. Die 6 selfsorg-eenhede is ten volle toegerus met 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die selfsorg-eenhede bied slaapplek vir 2 mense, maar het ook 'n opsionele skakelkamer, so die eenheid kan dan slaapplek bied vir 4 mense. 'n Addisionele matras kan op versoek bygevoeg word vir 'n kind.

12 On Top Guesthouse is in die middedorp en naby aan al die plaaslike restaurante en winkels geleë. Piet Retief is naby aan die grens van Swaziland en 80 km vanaf die Wakkerstroom Moeraslande wat die tuiste is van 'n groot verskeidenheid voëlspesies vir voëlkyk-entoesiaste.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 12 On Top Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false