1222 On Cedric
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cedriclaan 1222, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
1222 On Cedric is ’n luukse villa in ’n stil doodloopstraat in die prentjiemooi kusparadys Wildernis. Die villa is deel van die Ramsar Vleiland wat ook deel vorm van die groter Wildernis Nasionale Park se prentjiemooi Lake District. Dié villa se groot dek spog met ’n asemrowende 180°-uitsig op die berg, beboste heuwels, die kronkelende rivier en ’n stukkie van die Island Lake. Die eenheid is naby doendinge soos fietsryroetes, voetslaanroets, paadjies by die strand en voëlkyk- en visvanggeleenthede. Die ongerepte Wildernis-strand is ook net ’n entjie se stap weg.
Die tema van die villa is Afrika-rustigheid en die villa is met wonderlike kunswerke en Afrika-artefakte versier waarvan sekere items ook te koop is. Die villa bied slaapplek aan tot 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers wat elegant versier is. Die eerste en tweede slaapkamer het elk ’n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het ’n enkelbed. Die slaapkamers het elk ’n privaat badkamer met ’n stort.
Die kombuis, eetarea en leefarea het ’n oopplan-uitleg. Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel en ’n broodrooster toegerus. Daar is ook ’n aparte opwaskamer en wasgoedkamer. Die eetarea het ’n etenstafel vir 6. Die sitarea het banke en ’n platskerm-TV. Die leefarea maak oop aan 2 kante en lei na ’n groot balkon met buitemeubels, sonstoele en braaigeriewe. Dis die ideale plek om die uitsig te geniet.
1222 On Cedric is troeteldiervriendelik, gaste is dus welkom om hul viervoetige kinders saam te bring. Gratis WiFi is beskikbaar. Fynproewersdisse is op versoek beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by 1222 On Cedric sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Cedriclaan 1222, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink 1222 On Cedric het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cedriclaan 1222, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom