Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

123Vyfer on Whale Trail

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 123, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

123Vyfer on Whale Trail bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim tweeslaapkamerwoonstel van 100 m² met 2 badkamers, net 100 m van die rotsagtige kuslyn van De Kelders in Gansbaai af is.

Die woonstel is op die grondverdieping en het 'n omsetter en rugsteun-batterystelsel wat alles kan aandryf gedurende kragonderbrekings. Die woonstel het 'n privaat ingang wat lei van die ondergrondparkeerplek af, 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met 'n binnebraai. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens, en die tweede badkamer beskik oor 'n stort en bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die moderne kombuis is toegerus vir langtermynverblyf. Die volledige reeks gehaltetoestelle sluit in: 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, broodrooster, ketel, Nespreso-koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en genoeg kookgerei.

Die sitarea het 'n 4K slim-TV wat stroomdienste vir Netflix, Prime Video, Showmax en Disney het. Gaste hoef nie hul eie besonderhede hiervoor te hê nie. Let asb. dat daar nie satelliet-TV of DStv is nie.

Die woonstel het gratis WiFi, 'n ingeboude kluis vir waardevolle items, 'n plafonwaaier vir elke kamer en 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n monitor- en reaksie-eenheid. Daar is diefwering voor al die vensters.

'n Fietsrak vir 4 fietse en 'n wasgoedlyn is beskikbaar in die privaat agterplaas. En daar is genoeg hout vir die eerste braai.

Dit is 'n grondverdiepingwoonstel sonder trappe binne, maar daar is 'n halwe trap na die voorstoep en 'n maksimum van 2 trappe buite.

Let asb. dat geen kinders tussen 0 en 10 jaar geakkomodeer kan word nie. Rook is verbode en troeteldiere word nie toegelaat nie.

Let asb. dat diagonaal oorkant die woonstel word daar 'n nuwe huis gebou, andersins is dit 'n stil, veilige woonbuurt. Verken gerus die omgewing te voet. Daar is geplaveide wandelpaaie langs die rotsagtige kus asook langer staproetes. Verken die pragtige grotte, stap, en wandelroetes in Walker Bay Natuurreservaat, dit is loopafstand van die woonstel af. Die reservaat het 'n maklike 4x4-roete wat oor die duine loop waar gaste skemerkelkies kan geniet en die sonsondergang kan waardeer. Die omgewing is ook baie gewild onder bergfietsryers.

Tussen 30 en 45 minute vanaf De Kelders is daar van die beste gholfbane in die Suidelike Halfrond.

123Vyfer is minder as 2 uur se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 39 minute vanaf Hermanus, 15 minute vanaf Stanford, 5 km vanaf Gansbaai, loopafstand vanaf Die Plaat en Walker Bay Natuurreservaat met sy 22 km lange strand, pragtige rotspoele en sandduine.

Slaapplek

’n Bespreking by 123Vyfer on Whale Trail sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir 123Vyfer on Whale Trail
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Zelda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Jaar gelys 7

Ligging

  • Vyferstraat 123, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 123Vyfer on Whale Trail het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vyferstraat 123, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1804079f9b0f6d176c68125ff028e6dec47027500c2078ad87296e27b9ed24f878e6772341d69e9f1acc53a551d26b74a85c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 123 Vyfer Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.555245 19.366107
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem