Eldoraigne Akkommodasie by 13 on Wynne | LekkeSlaap
+73

13 on Wynne

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wynne-weg 13, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

13 on Wynne bied verblyf in 'n gerieflik gemeubileerde kothuis vir 5 gaste en 'n tweede eenheid wat ideaal vir 2 gaste in Eldoraigne in Centurion.

Die kothuis het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die leefarea het 'n ekstra dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is waaiers en verwarmers in elke vertrek. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Die kombuisie in die kothuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hulle etes by die etenstafel geniet. Ontbytgraan en beskuit word voorsien. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv-kanale en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 2 werkstasies met USB-koppelpunte vir skootrekenaars. Die privaat binnehof het sitplek en braaigeriewe.

Die tweede eenheid het 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer en 'n aantrekkamer met 'n haardroër en 'n spieël. Die badkamer het 'n bad, stort en 2 wasbakke. Daar is 'n tafel met stoele waar gaste hulle maaltye kan geniet of dit kan as 'n werkstasie ingespan word. Die eenheid het 'n yskassie, mikrogolfoond, gefiltreerde watermasjien en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbytgraan en beskuit word voorsien. Die eenheid spog met 'n plasma-TV met 'n volledige DStv-pakket en gratis WiFi is beskikbaar. Die houtdek kyk oor 'n lowergroen tuin uit en is die ideale plek vir 'n rustige koppie koffie.

Gaste het toegang tot die swembad, mits reëlings vooraf getref word. Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig per eenheid in 'n motorhuis beskikbaar.

Linne en handdoeke word voorsien.

13 on Wynne is net 230 m vanaf Matsport Arena, 3 km vanaf Zwartkop Buiteklub en 5 km vanaf Centurion Mall.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 65 resensies vir 13 on Wynne
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Wynne-weg 13, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink 13 on Wynne het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wynne-weg 13, Eldoraigne, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbbea5147e399b32abe0ec288687c2a9534f2d4969111fbca02c7eaaf249298591a31345c5717265eaab75dc42e857daec1f5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (vir 2 persone) 65 5 1 5 13 Wynne Road Eldoraigne 0157 Gauteng 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -25.8479439 28.156101
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za