1301 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 132 Beach Road, Hibernian Towers 1301, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
1301 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie is 'n selfsorg-woonstel op die strand in die dorp, Strand, en het slaapplek vir 4 gaste.
Dié moderne woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die tweede badkamer het 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, toonbank en etenstafel toegerus. Verder is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leef-area het 'n TV met 'n internet-konneksie sodat gaste flieks en reekse kan stroom. WiFi is ook beskikbaar. Die leef-area lei na 'n balkon met 'n gasbraai.
Die luukse Hibernian Towers bied veilige parkeerplek en 24 uur-toegangsbeheer. Gaste het toegang tot 2 restaurante, 'n spa, haarsalon, winkel, stoomkamer, gimnasium en 'n binnenshuise swembad.
Die kompleks is 1 km vanaf koffiewinkels en restaurante. Die strand bied 'n rits aktiwiteite soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergang-vaarte en walviskyk in seisoen. Gaste kan ook die Strand Waterworld & Fun Park besoek, 'n ronde putt-putt speel of die Helderberg Wynroete besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Hanlie Geverifieer
Eiendomme 22
Resensies 274
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 132 Beach Road, Hibernian Towers 1301, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink 1301 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 132 Beach Road, Hibernian Towers 1301, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang