LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 132 Zebula | LekkeSlaap
+54

132 Zebula

Selfsorg
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 17)

Beskrywing

132 Zebula is 'n ruim tripelverdieping selfsorghuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa wat 1600 hektaar Afrika-bosveld in die skadu van die Waterberg beslaan. Dié vyfster-gholflandgoed is ook 'n natuurreservaat en het 'n gesondheidspa.

Die ruim huis het slaapplek vir 17 gaste en is ideaal vir groot groepe. Die huis het 3 verdiepings en al die kamers het lugversorging.

Die onderste verdieping beskik oor 1 slaapkamer, 2 badkamers, 3 aparte leefareas, 'n eetarea en 'n kombuis. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n bad in die eerste badkamer en die tweede badkamer het 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste.

Die tweede verdieping beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort in die vierde slaapkamer.

Die derde verdieping is 'n solderkamer met 3 enkelbeddens.

Die huis het 'n groot balkon met sitplek en gasbraaigeriewe. Daar is 'n groot stoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai op die onderste verdieping en die huis het 'n lapa met 'n vuurput, 12 stoele en 'n lieflike swembad.

'n Skoonmaakdiens is ingesluit behalwe op openbare vakansiedae of op die skoonmaker se af dae. Ekstra skoonmaakdienste kan gereël word teen ekstra koste.

Slaapplek

’n Bespreking by 132 Zebula sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 17)
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 17)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6b1181af59c82879c5f665bf7ea7e93ecfdfdd163897dd9703c74a73a51510f09ef84c4cb99a6a7e3b2ffe0cc657db0fcf01?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 900  per nag (plek vir 17) Farm 534 Zebula Golf Estate and Spa 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.76499 27.949873
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!