1322 Backpackers International

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1322 Backpackers International is in die energieke woonbuurt, Hatfield, in Pretoria-Oos geleë. Hierdie gevestigde instansie word deur 'n gesin besit en bestuur en verwelkom gaste reeds sedert 2005. Dis slegs 10 minute se stap vanaf Hatfield Square, verskeie restaurante, meeste van die ambassades en winkels. Ons bied rugsakreisigersverblyf en is slegs 500 m vanaf die Gautrain-stasie en na genoeg aan al die doendinge, maar steeds ver genoeg om rus en stilte te verseker.

Dis die ideale basis van waar jy Pretoria, Johannesburg en Gauteng in die algemeen kan verken en bied 'n plek waar jy kan ontspan en jouself kan oriënteer in Suid-Afrika voor jy die res van die land verken. Indien jy raad nodig het rakende roetes om te neem, hoe om jou tyd te verwyl, of waar jy waarde vir geld kan kry, is jy meer as welkom om ons te vra.

Ons kan plaaslike toere en uitstappies verder uit reël en sommige van ons pakkette is sowat die helfte goedkoper as sommige geadverteerde toeragentskappe s'n. Kyk gerus uit vir ons toere na die Krugerwildtuin.

Ons is in 'n stil straat in 'n veilige buurt langsaan die universiteit se sportgronde geleë en is na aan verskeie winkels en die naglewe van Hatfield en verskeie ambassades. Gaste het ook gebruik van ons heerlike tuin, die lapa en braai-area, of maak 'n vreugdevuur as jy sou wou. Daar is DStv en verskeie speletjies en sosiale doendinge beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1322 Backpackers International gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za