14 Penguin Place Melkbosstrand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

14 Penguin Place Melkbosstrand bied gemaklike verblyf met see-uitsigte. Die verblyf is in 'n residensiële huis reg langs Melkbosstrand se strand geleë en bied dus direkte toegang tot die strand.

14 Penguin Place Melkbosstrand het sy eie waterbron en daarom kan gaste na hartelus bad en stort, sonder enige beperkings.

Daar is 2 slaapkamers, elkeen met sy eie ten volle toegeruste kombuisie en see-uitsigte.
Die eerste slaapkamer het slaapplek vir 2 gaste in 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die slaapkamer is ook ingerig met 'n platskerm-TV, WiFi, lugversorging, DStv en handdoeke. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.

Die tweede slaapkamer bied slaapplek vir 4 gaste op 2 enkelbeddens en 'n standaard-dubbelbed. Dié slaapkamer het 'n en suite-stort, wasbak, en aparte toilet. Daar is 'n platskerm-TV, WiFi, lugversorging, DStv, en badhanddoeke beskikbaar. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Gaste kan gerus die swembad en die braaigeriewe op die perseel gebruik en het ook toegang tot 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die MyCiTi-busstop is stapafstand van die huis. Rook is verbode. Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel.

14 Penguin Place Melkbosstrand is die ideale blyplek vir vlieërplankryers as gevolg van die ligging teen die strand in dié vlieërplankparadys. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis waar vlieërplankryers hul toerusting veilig kan stoor.

Melkbosstrand is 'n tipiese vissersdorpie. Dit is 35 km noord van Kaapstad, dit is 'n pretensielose kusdorpie wat bekend is vir sy pragtige strand, seekosrestaurante, wandelpaaie, heuwels, en pragtige berg-uitsigte.

Penguin Place het sy eie waterbron, so gaste kan na hartelus bad en stort.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 14 Penguin Place Melkbosstrand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za