Shaka's Rock Akkommodasie by 14 Skiathos Apartment | LekkeSlaap
+36
+36

14 Skiathos Apartment

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 33, 14 Skiathos Apartment, Shaka's Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

14 Skiathos Apartment is ’n selfsorg-vakansiewoonstel in Shaka's Rock, ’n dorp minder as 25 km noord van King Shaka Internasionale Lughawe. Die woonstel bied ’n asemrowende see-uitsig, asook direkte toegang tot die strand wat tussen Shaka's Rock en Salt Rock strek. Thompson's Bay se strand is ’n kort entjie weg en Granny's Pool, ’n heerlike getypoel vir kinders is ook lekker naby.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en en suite-badkamer. Die tweede kamer het ’n dubbelbed en 2 enkelbeddens, asook ’n en suite-badkamer. ’n Bababedjie is beskikbaar indien dit vooraf gereël word. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien, asook ’n strandsambreel en -stoele.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV met volledige DStv. Beperkte WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na ’n lieflike onderdak-stoeparea met ’n etenstafel, sonstoel en braaigeriewe. Die kompleks spog met ’n goed onderhoude gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Bespreekte parkeerplek asook oop parkeerplek vir besoekers is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by 14 Skiathos Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 6 resensies vir 14 Skiathos Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 33, 14 Skiathos Apartment, Shaka's Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 14 Skiathos Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 33, 14 Skiathos Apartment, Shaka's Rock, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc791879a29f80821e803168e13260f6c7dfc346ca373d8c9616ceac2dcf42ec9b4d29f2cb61ced1b21e2882768c893d49310?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 650  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 33 Ocean Drive 14 Skiathos Apartment 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -29.511666 31.2317263
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za