Parys Akkommodasie by 143 Vaal de Grace Golf Estate | LekkeSlaap
+17
+17

143 Vaal de Grace Golf Estate

Selfsorg
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R59, Vaal de Grace 143, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

143 Vaal de Grace Golf Estate is 'n lieflike selfsorghuis met slaapplek vir 10 op die Vaal de Grace-landgoed in Parys.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Een van die kamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Twee kamers is ingerig met koningingrootte-beddens en maak gebruik van 2 aparte badkamers. Een badkamer het 'n stort-oor-bad, en die ander badkamer het 'n bad en 'n stort. Die laaste kamer het 2 driekwartbeddens en maak gebruik van 'n badkamer met 'n bad. Daar is 2 slaapbanke in die leefarea vir 2 gaste. Linne en handdoeke voorsien.

Die moderne kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan in die sitkamer ontspan wat 'n TV met DStv het, en WiFi is beskikbaar om Netflix te kyk.

Die leefarea lei na 'n stoep wat 'n uitsig oor die swembad en gholfbaan bied. Gaste moet hul eie ys, hout en houtskool saambring. Let asseblief dat rook nie in die huis toegelaat word nie en troeteldiere word ongelukkig nie op die landgoed toegelaat nie.

Vaal de Grace het 'n 18 putjie-gholfbaan wat deur Nick Price ontwerp is en Parys bied verskeie besienswaardighede en doendinge soos voetslaan- en 4x4-roetes, kunsvlieghengel, rivier- en witwater-vlotvaart en voëlkyk.

Slaapplek

’n Bespreking by 143 Vaal de Grace Golf Estate sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Langs die R59, Vaal de Grace 143, Parys, 9585, Vrystaat
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 10)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R59, Vaal de Grace 143, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c493f35d823b1cc1114080b59ad218e4e1b6d53a69803bd60b448d60f08f7884ea736d705f857ebce1ce62ce5e612488688?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 10) Off the R59 Vaal de Grace 143 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.928344528732 27.41795540004
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za