LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 16 Brenton Park | LekkeSlaap
+15

16 Brenton Park

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

16 Brenton Park is 'n selfsorgkothuis in Brenton Park in Lake Brenton, Knysna. Brenton Park is veilig en het 'n rustige en ontspanne atmosfeer. Dit is net 'n kort entjie van die strandmeer en jetty af en is naby Brenton-on-Sea se strand wat net oor die heuwel is. Knysna is sowat 15 km se ry daarvandaan.

Binne Brenton Park is daar 2 tennisbane, kroukiebane, 'n swembad, kinderspeelarea, wasmasjiene wat met munte werk en lieflike, oop grasperke.

Die siersteenkothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n TV. Die kothuis het ook 'n onderdakstoep met braaigeriewe.

Dit is in 'n pragtige tuin met tarentale, hasies, 'n paar bosbokke en ’n volop voëllewe geleë. Daar is verskeie restaurante en 'n winkeltjie naby die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by 16 Brenton Park sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir 16 Brenton Park
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink 16 Brenton Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmcu27elxWtwEJ6SAmyBXopz5MVuxkJdAUprkiiL5ZAZ7jEXGcR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 6 persone) 2 5 1 5 Capt. Duthie Avenue 16 Brenton Park, Lake Brenton 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.060181480406 23.029708117247
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!