LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 16 Perlemoendraai Beach House | LekkeSlaap
+18

16 Perlemoendraai Beach House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hierdie bekoorlike afgewitte huis is teen die strand in Moeriesbaai geleë, een van Jacobsbaai se klein baaitjies aan die Weskus. Die huis bied gerieflike slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders.

Daar is 3 en suite-slaapkamers, 2 van hulle is onder geleë en beskik elk oor 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat ideaal is vir 'n gesin van 4 of vir 2 volwassenes. Die solder het 'n aparte stort en toilet en ook sy eie balkon.

Die moderne kombuis is oopplan en goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, mikrogolf, en 'n ingeboude waterfilter. Die gerieflike leefarea het 'n kaggel.

Gaste kan die wonderlike uitsigte van die ruim veranda af geniet, of lekker lê en lees in die hangmat. Die strand en getypoel is net 'n paar tree weg. Daar is 'n Fluid-kano wat gaste kan gebruik. Gaste moet hul eie hout bring om te braai of om die kaggel aan te steek. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is geen TV in die huis nie.

Doendinge in die omliggende area sluit die volgende in: fietsryroetes, stap- en drafroetes, visvang, kreefduik (slegs in seisoen) en branderplankry. Augustus en September is blomseisoen in Jacobsbaai, wat moontlik die beste geheim aan die Weskus is. Daar is verskeie restaurante naby Jacobsbaai en die West Coast Mall is 12 km weg in Vredenburg.

Slaapplek

’n Bespreking by 16 Perlemoendraai Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
2 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 46 resensies vir 16 Perlemoendraai Beach House
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink 16 Perlemoendraai Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2M2QwMmFjLTI0MDQtNGZhOS05M2Q2LTY1YWFlMDU1NDg5OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 800  per nag (plek vir 6) 46 5 1 5 16 Perlemoendraai Moeries Bay 7395 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.980379977513 17.885140050272
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!