164 @ Beach Road in Kleinmond

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

164 @ Beach Road in Kleinmond is 'n vakansiehuis vir 8 mense met 'n groot leefarea, 'n rustige atmosfeer en 'n lieflike see-uitsig. Hermanus is net 35 km van die huis af, terwyl die Harold Porter Botaniese tuin en die pikkewynkolonie by Stony Point in Bettysbaai net 15 minute van Kleinmond af geleë is.

Hierdie dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers met dubbelbeddens in 3 van die kamers en 2 enkelbeddens in die vierde kamer. Die kamers deel die gebruik van 3 badkamers.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, 'n vrieskas, 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond, eetgerei, breekware en toebehore. Daar is 'n skottelgoedwasser beskikbaar en 'n wasmasjien in die motorhuis. Maaltye kan in die eetkamerarea genuttig word.

Die ruim oopplan-leefkamer bevat 'n ingeboude braaiplek en 'n TV-area met 'n TV en DStv wat die jongspan en sportliefhebbers sal vermaak. Daar is ook WiFi-toegang beskikbaar. Die leefkamer bied toegang tot die veranda waar gaste die see-uitsigte met 'n glasie wyn kan geniet.

Die huis is toeganklik en daar is 2 parkeerplekke van die straat af, asook 'n dubbelmotorhuis wat toesluit, op die perseel beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

164 @ Beach Road in Kleinmond is minder as 'n minuut se stap van die rotsagtige kus af en minder as 15 minute se stap van die berg af vir diegene wat van voetslaan hou. Verder is die hoofstrand, strandmeer, winkelsentrum, hawe en verskeie winkels net 'n paar minute se ry weg.

Slaapplek

'n Bespreking by 164 @ Beach Road in Kleinmond sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 164 @ Beach Road In Kleinmond gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 510 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za