168 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

168 Zebula is 'n selfsorgvakansiehuis op die Zebula Gholflandgoed en Spa. Zebula bied 5-ster-gholflandgoed, natuurreservaat en gesondheidspa op 1600 ha-bosveld in die Waterberge se skadu.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -leefarea, 'n onderdakkuierarea, vuurput en swembad met 'n net.

Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en die tweede, derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die sitkamer op die boonste verdieping het 'n platskerm-TV met DStv.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolf, potte en panne. Die leefarea het 'n etenstafel vir 8 en die ander sitkamer het 'n groot kaggel en ingeboude kroeg.

Die leefarea lei na 'n onderdakpatio met stoepmeubels. Die patio lei na 'n tuin en swembad. Daar is ook 'n boma met sitplek en 'n vuurput. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit, behalwe op openbare vakansiedae.

Slaapplek

'n Bespreking by 168 Zebula sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 168 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za