Amanzimtoti Akkommodasie by 17 Capri Amanzimtoti | LekkeSlaap
+67

17 Capri Amanzimtoti

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg 49, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R590 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

17 Capri Amanzimtoti is op die eerste verdieping in ‘n veilige ou woonstelblok in die hartjie van Amanzimtoti geleë. Dis teen die see met ‘n ongelooflike see-uitsig vanaf die eenheid. Die strand en restaurante is net 2 minute’se stap en daar is ook ander trekpleisters, soos ‘n speletjiesarkade, kegelbal, winkels, waterpark en ‘n wassery. Daar is ook verskeie ander doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Die eenheid het slaapplek vir 3 volwassenes en 2 kinders onder 16 jaar in 'n oopplan-slaaparea en -leefarea. Daar is dus geen aparte slaapkamers nie.

Dié oopplan-eenheid beskik oor ‘n moderne kombuis wat volledig toegerus is met ‘n stoof, oond, yskas, mikrogolf en skottelgoedwasser. Die badkamer het ‘n stort en daar is ook ‘n lieflike leefarea en slaaparea met ‘n dubbelbed, dubbelslaapbank en dagbed. Daar is ‘n granietoppervlak met stoeltjies by die venster waar jy ‘n uitsig oor die promenade en see kan geniet. Daar is ook ‘n ysmasjien. Verkry toegang tot die eenheid via ‘n hysbak of trappe.

Die eenheid het plafonwaaiers en lugversorging. Daar is ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en ‘n DVD-speler. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder as jy al die kanale wil hê. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien.

Daar is ‘n gemeenskaplike braai-area op die dek wat op dieselfde verdieping as die eenheid is. Daar is ook ‘n aangewese stort op die onderste verdieping. Veilige parkeerplek is agter ‘n outomatiese hek beskikbaar en die kompleks het geslotekringtelevisie.

Gaste kan gedurende die wintermaande die Suidkus-sardientjieloop gewaar of na die walvisse en dolfyne vanaf die eenheid dophou.

Jy sal met aankoms en vertrek deur die eienaars verwelkom word.

Let asb. Op dat meer as 5 gaste onder geen omstandighede toegelaat sal word nie. Dit sluit volwassenes, kinders, babas en besoekers in.

Slaapplek

’n Bespreking by 17 Capri Amanzimtoti sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 1
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 44 resensies vir 17 Capri Amanzimtoti
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Strandweg 49, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 17 Capri Amanzimtoti het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amanzimtoti KwaZulu-Natal
Vanaf R590
per nag (plek vir 5)
Vanaf R590
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Strandweg 49, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5YWYxYThjLTE2ZmItNDMxMi05ZDg0LTA2ZWUzMjJkNjJkOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R590  per nag (plek vir 5) 44 5 1 5 49 Beach Road Amanzimtoti 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-18:00 09:00 -30.053921326365 30.886608606152
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za