Thompsonsbaai Akkommodasie by 18 The Islands | LekkeSlaap
+13
+13

18 The Islands

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 61 , Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

18 The Islands is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Chakas Rock naby Ballito. Dié woonstel het toegang tot 'n gemeenskaplike randvloeiswembad en 'n groot stoep met 'n see-uitsig. Die kompleks het net 2 verdiepings en dié eenheid met slaapplek vir 6 is op die boonste verdieping. Dit het 'n grasdak en 'n dakvenster in die die leefarea.

Ongelukkig word geen matrieks of studente sonder ouers toegelaat nie, veral nie vir matriekvakansies nie, weens die beheerliggaam te reëls.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefrea, en 'n groot stoep met 'n buite-etenstafel en 'n Weber-braai. Die hoofslaapkamer het toegang tot die stoep en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer lei na die stoep en die derde slaapkamer het sy eie klein balkon. Al die slaapkamers het 'n plafonwaaier en bad- en strandhanddoeke.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea lei na die patio moet stoepmeubels, draagbare braaigeriewe en 'n pragtige uitsig.

Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel, waarvan een parkeerplek onderdak is. Daar is ook 'n oop parkeerplek.

CHaka's Rock se strand en Thompson's Bay-strand is weerskante van die kompleks en is 250 m se stap met die hoofpad af.

Slaapplek

’n Bespreking by 18 The Islands sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir 18 The Islands
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 61 , Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 18 The Islands het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 61 , Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsjFX5zsDpRSO1R5Rp9psh129iMjFZtTMvr0IZOrsavWbavg9Z3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 61 Ocean Drive Ballito 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -29.51666265454 31.229770262566
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za