2 Bayview Terrace

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 Bayview Terrace het slaapplek vir 6 mense en is ideaal vir vriende of gesinne. Dié unieke drieslaapkamerhuis se ligging is puik en die uitsigte op Tafelberg en Seinheuwel is asemrowend.

Hierdie bekroonde eiendom is puik ontwerp en strek vanaf Loaderstraat met 'n veilige motorhuis tot by Bayview Terrace. Die grondvloer bestaan uit 2 slaapkamers met lugversorging. Die een kamer het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis, eetarea en leefarea het 'n indrukwekkende ornamentele kaggel wat met gas werk. Dit maak oop op 'n tuintjie met sitplek, 'n swembadjie en 'n uitsig oor die hawe.

Knap houttrappe lei na die hoofslaapkamer met lugversorging. Hier kan gaste hulself van die bed af verlustig in die uitsig oor die balkon tot by die hawe. Die losstaande bad het dieselfde uitsig en daar is 'n stort met glasmure en 'n toilet. Daar is 'n borrelbad met sitplek vir 8 mense op die sondek agter - dit word bereik via die buitetrap langs die motorhuis of via die hoofslaapkamer se en suite-badkamer.

As 'n ekstra diens addisioneel tot die verblyftarief, word gratis WiFi gebied indien beskikbaar. Die huis word elke dag skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae.

De Waterkant is lekker naby al Kaapstad se vernaamste besienswaardighede. Stap na die V&A Waterfront, Groetemarkplein of die KIKs, of neem 'n kort taxi-rit na Tafelberg, Kampsbaai en die wynlande. The Village Cafe bied heerlike ontbyt en is langs Bayview Terrace. Cape Quarter is die naaste winkelsentrum, net 3 minute se stap van hier af.

Slaapplek

'n Bespreking by 2 Bayview Terrace sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Bayview Terrace gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za