Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2 Chaka's Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 41, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4391, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

2 Chakas's Place is 'n stylvolle woonstel in 'n boetiekkompleks wat in die rustige en veilige area van Shaka's Rock geleë is. Die woonstel spog met groot stapelglasdeure en 'n skouspelagtige uitsig oor die Indiese Oseaan. Dit is net 5 minute se ry vanaf Ballito met 'n verskeidenheid van restaurante, winkels en 'n lewendige naglewe.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 pragtige slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, wynyskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n ontbythoekie toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien vir gaste se gerief. Dit lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6 en lei verder na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met DStv, Netflix, Amazon Prime, Showmax, YouTube en Spotify. Hoëspoed, gratis WiFi is beskikbaar.

Die verblyf het 2 stoepe. Die groot, voorste terras het eet-, ontspan- en sonbaai-areas met 'n asemrowende uitsig oor die strand en see. Hierdie verblyf is baie naby die strand. In die vroeë oggende mag gaste dalk sien hoe dolfyne in die branders baljaar. Daar is 'n grasperk by die tweede terras.

Shaka's Rock bied fantastiese swemgeleenthede, met opsies wat die Indiese Oseaan en rustige en veilige getypoele insluit. Granny's Pool wemel van korale en 'n verskeidenheid van seelewe en is 'n droombestemming vir snorkel.

Slaapplek

’n Bespreking by 2 Chaka's Place sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Portugees

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Kusrylaan 41, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4391, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 41, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4391, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb59877260e12b8cdd10904a52b8bca234903f460f86ca421ec161293003c58f85c3dfc05a7221ede945957a4430bd9efcccd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6) 41 Ocean Drive Shaka's Rock 4391 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.513809144376 31.231222102649
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem