2 Geckos

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 25 % af

Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Ons nooi jou om 'n onvergeetlike vakansie by 2 Geckos in Mosselbaai te kom ervaar. Die goed toegeruste, moderne en luukse strandhuis het 4 slaapkamers met kunstige afwerkings en is ideaal geleë omtrent 50 m vanaf The Point, die bekende branderplank-mekka, die getypoel en restaurante. Die asemrowende see- en berg-uitsigte rond die aande mooi ad terwyl jy 'n drankie op die balkon geniet of luilekker in die bed lê en 'n boek lees. Daar is nie 'n beter manier om jou dag te begin en af te sluit as met die klank van golwe nie.
Ons beveel 2 Geckos sterk aan by almal wat graag langs die see wil ontspan saam met hulle gesin, vriende en liefies.

Uitleg:
Dit interessante dubbelverdieping-herehuis het slaapplek vir 8 gaste.
Die ingang maak in die TV-kamer met 'n PVR-dekodeerde op die onderste verdieping oop. Daar is 3 kamers in die gang af ─ Dubbelkamer met 'n dubbelbed, 2-enkelbedkamer met enkelbeddens en 'n kamer met 2 stapelbeddens en 2 badkamers. Daar is ook 'n klein opwaskamer. Al die kamers het topgehalte linne en bykomstighede.
Van die TV-kamer af lei 'n stel trappe jou na die stylvolle kombuis en leefarea op die eerste verdieping. Die leefarea maak op die balkon oop wat spog met 'n 270º-uitsig oor die see, braaigeriewe en 'n Weber-braai. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat ook op die eerste verdieping geleë is, ideaal vir 'n bietjie privaatheid.

Veilige parkeerplek ─ Die ingang na die Village is toegangbeheer en daar is 24-uur-sekuriteit.

Mosselbaai lê aan die Suidkus op die Tuinroete en spog met honderde kilometers van wild en ongerepte kus wat gaste kan verken. Omtrent 60 km van strande, pragtige weer, fenomenale Kaapse fynbos en die majestueuse Outenikwaberge maak die historiese dorpie die ideale vakansiebestemming. Dit is omtrent halfpad tussen Kaapstad in die Wes-Kaap en Port Elizabeth in die Oos-Kaap geleë (albei is 400 km van ons af).

Slaapplek

'n Bespreking by 2 Geckos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Geckos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 650 R2 738 per nag (plek vir 8)

Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za