2 Key Largo
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 21, Doonside, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
2 Key Largo bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n 2-slaapkamerwoonstel op die grondverdieping wat 'n gedeeltelike see-uitsig het. 2 Key Largo is in 'n veilige kompleks in Doonside, Kingsburgh wat stapafstand is vanaf Doonside-strand.
Dié smaakvol versierde woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en toegang tot die tweede badkamer. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea vir 2 kinders en 'n kampeerkot is beskikbaar vir 'n baba. Bad- en stortgeriewe word voorsien.
Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond en stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitkamer het 'n TV met DStv Compact. Daar is ook 'n DVD-speler. Die sitkamer lei na 'n stoep wat weer na die gemeenskaplike tuin lei. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die veilige kompleks bied toegangsbeheer, sekuriteit en parkeerplek onder skadunette. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad en tennisbane. Die hoofswemstrand het lewensredders aan diens en die kompleks is slegs 5 km vanaf Amanzimtoti met al sy winkelsentrums en eetplekke.
Slaapplek
’n Bespreking by 2 Key Largo sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Beach-weg 21, Doonside, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 2 Key Largo het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kingsburgh Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 21, Doonside, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom