2 La Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 La Mer nooi jou uit om weg te breek na hierdie luukse tweeslaapkamerwoonstel in Illovo Beach aan KwaZulu-Natal se tropiese kus. Die omgewing is rustig en die woonstel is net 30 minute suid van Durban.

Dié woonstel is 'n verhewe grondvloer eenheid en het sykant-uitsig oor die see, tuin en swembad. Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis/eetkamer/woonkamer. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer in die hoofslaapkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer en die leefarea bied direkte toegang tot die ruim balkon met stoepmeubels, gasbraaier en gedeeltelike uitsig oor die see en aangrensende tuin. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n ketel, broodrooster, strykyster, oond en stoof, mikrogolf, yskas, vrieskas en wasmasjien. En daar is sitplek vir 4 persone, 'n TV met DStv, DVD-speler en 'n CD-speler in die leefarea. Gaste het natuurlik ook toegang tot WiFi en veilige parkering.

La Mer word baie goed in stand gehou en het welige tuine, 'n swembad, kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Verder het die kompleks 24/7-sekuriteit, onderdakparkering vir 1 motor en genoeg oop parkeerplek vir besoekers. Die hoofweg kan nie gesien of gehoor word van hier af nie, maar is net 10 minute se ry van die woonstel af. Dié snelweg bied gerieflike toegang tot natuurreservate, duikplekke, gholfbane en ander besienswaardighede aan die Suidkus. Gaste het toegang tot die strand via 'n privaat hek wat net 'n paar minute se stap van die woonstel af is. Die swemplek word beveilig deur haainette en is ook geskik vir visvang. Voëlkykers en roeiers sal mal wees oor die strandmeer wat gevorm word deur die mond van die Lovurivier.

Slaapplek

'n Bespreking by 2 La Mer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 La Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 895 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za