2 Pause Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

2 Pause Cottage is 'n lieflike selfsorgkothuis in Malgas op die Breederivier geleë.

Dié kothuis bied slaapplek vir 5 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en 'n klein eet- en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Gehalte-duvets en -linne word in elke kamer voorsien. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gaste word versoek om asb. hul eie handdoeke saam te bring.

Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n houtetenstafel met stoele vir 4 gaste. Die sitkamer lei na 'n beskutte patio met 'n piekniektafel en 'n buitebraai-area. Die kothuis het ook 'n privaat jettie.

Hier kan gaste voëlkyk, visvang en die pragtige uitsig oor die rivier geniet. Die rivier in hierdie omgewing se water is diep en gaste kan bootry. Besoek die SIJJN-wynplaas op 'n Saterdag tussen 09:00 en 15:00 of ry na Infanta om na die walvisse te kyk of om na Die Punt te stap. De Hoop Natuurreservaat is net 20 km en 'n besoek werd.

Slaapplek

'n Bespreking by 2 Pause Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 2 Pause Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 130 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za