202 Ben Siesta

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

202 Ben Siesta is 'n selfsorgwoonstel in Umhlanga Rocks. Umhlanga is een van die mees gesogte vakansie-oorde in Suid-Afrika en lok besoekers van regoor die wêreld. Die Indiese Oseaan se louwarm water is regdeur die jaar geskik vir swem. Die winters aan KwaZulu-Natal se kus is lekker matig en Umhlanga het 'n subtropiese klimaat.

Die woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. In die sitkamer is 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea en hoofslaapkamer lei na 'n lieflike stoep met sitplek en 'n see-uitsig. Die kompleks bied 'n swembad vir inwoners se gebruik. Die woonstel word daagliks skoongemaak behalwe Sondae en openbare vakansiedae en parkeerplek is veilig en onderdak.

Slaapplek

'n Bespreking by 202 Ben Siesta sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 202 Ben Siesta gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za