203 Hermanus Beach Club

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

203 Hermanus Beach Club is in die gewilde vakansiedorp Hermanus aan die suidkus van die Wes-Kaap geleë. Dié dorp se skoonheid, matige klimaat, buitemuurse doendinge, blommeryk, en die feit dat dit naby Kaapstad is, maak dit die ideale basis vanwaar gaste die Kaapse Overberg kan verken.

Dié woonstel het 3 slaapkamers, is op die eerste verdieping geleë, en bied ’n pragtige see-uitsig. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer met ’n stort, die tweede kamer het ’n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel ’n badkamer met ’n stort.

Die kombuis is goed toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en skottelgoedwasser. Die sitarea het ’n TV met DStv en lei na ’n balkon met ’n ketelbraai en lieflike see-uitsig.

Daar is 2 swembaddens in die kompleks, en dit het ook toegang tot die seefront, ’n tennisbaan, mini-gholfbaan, muurbalbaan, gimnasium, pool-tafels, kroeg, gemeenskaplike braai-areas, ’n kuierarea, 24 uur-sekuriteit asook kameras.

Slaapplek

'n Bespreking by 203 Hermanus Beach Club sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 203 Hermanus Beach Club gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za