205 Manor View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

205 Manor View is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Ballito. Dié woonstel is ideaal vir vakansiegangers wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede.

Dié woonstel is smaakvol versier en dit bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en elke badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n yskas, mikrogolfoond, oond met stoof, ander toebehore, ingeboude kaste en kookgerei. Daar is gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV in die sitkamer wat lei na 'n balkon met draagbare braaigeriewe, stoele en 'n tafel. En die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai-area, veilige parkeerplek vir 2 voertuie en 24 uur-sekuriteit.

205 Manor View is stapafstand van die strand af en net 'n klein entjie se ry vanaf winkels, restaurante, en ander geriewe aan die Noordkus.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 205 Manor View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za