LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 205 New Cumberland | LekkeSlaap
+20

205 New Cumberland

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandweg 163, Mouille Point, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

205 New Cumberland is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige gebou in Mouille Point, Kaapstad. Die gebou is net ’n skilderagtige rit vanaf ’n verskeidenheid trekpleisters op die Atlantiese kuslyn.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en het 1 slaapkamer met ’n koningingrootte-bed en groot ingeboude kaste met oorgenoeg pakplek. Daar is ’n badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is ook beskikbaar en is toegerus met ’n elektriese stoof, mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster en strykgeriewe. Daar is ook ’n wasmasjien en ’n tuimeldroër.

Die aangrensende sitkamerarea het ’n TV met sekere DStv-kanale, ’n gemaklike rusbank, lessenaar, ’n mini kroeg-area, asook ’n etenstafel met gedeeltelike see-uitsigte en ’n uitsig oor die Urban Park. Die gebou het ’n restaurant op die grondvloer, ’n hysbak en veilige parkeerplek met toegangsbeheer.

Green Point Park, kroeë, restaurante en die Seepunt-promenade is na aan 205 New Cumberland en die V&A Waterfront en die middestad is ’n kort entjie se ry van die verblyf af.

Slaapplek

’n Bespreking by 205 New Cumberland sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir 205 New Cumberland
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Strandweg 163, Mouille Point, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink 205 New Cumberland het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandweg 163, Mouille Point, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiHwHo6WvIryj2LRYDkyprlHSAaNEwSVHmI4xdQ8sC6MUAJUqlX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 163 Beach Road Mouille Point 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9042712 18.3990921
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!