206 Kloppenheim Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

206 Kloppenheim Country Estate is 'n gerieflike selfsorg-eenheid in die pragtige landgoed, Gooderson Kloppenheim Country Estate. Hierdie lieflike wegbreekplek is in die hartjie van die Highlands Meander, net 2 ure se ry van Pretoria en OR Tambo Internasionale Lughawe af. Die landgoed is naby aan Machadodorp en Dullstroom geleë op die roete na die Krugerwildtuin, so dis die ideale oorslaapplek.

Die eenheid het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas en vrieskas en al die nodige breekware en eetgerei in. Die gerieflike sitkamerarea het 'n platskerm-TV en 'n kaggel. Die leefarea bied toegang tot die lieflike patio met braaigeriewe en stoepmeubels. Gaste kan ontspan en die ongelooflike, skilderagtige uitsigte geniet terwyl hulle lekker braai.

Kloppenheim bied 'n hele rits doendinge soos forelvisvang, perdry, boogskietery, swem en tennis. Daar is ook baie voëllewe en wild wat op die perseel woonagtig is en gesien kan word. Jy mag dalk so gelukkig wees om 'n sebra, rooihartbees, wildebees, ribbok, blesbok of Suid-Afrika se nasionale voël, die bloukraanvoël te sien! As jy vol energie is kan jy een van die landgoed se pragtige staproetes aandurf.

As jy nie lus is om kos te maak nie, kan jy 'n maaltyd by die Twigs Restaurant op die perseel geniet. Die landgoed se hotel het 'n klein biblioteek en 'n groot, gemeubileerde sitkamer met lekker plekkies waar jy kan ontspan. Die welwees-sentrum op die perseel is beskikbaar as jy jouself wil pamperlang.

Slaapplek

'n Bespreking by 206 Kloppenheim Country Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 206 Kloppenheim Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 395 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false