21 Arrowood

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

21 Arrowood is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Plettenbergbaai. Dis sentraal geleë en net 'n entjie vanaf die dorp en die strand. Die kompleks bied 'n uitsig oor die baai, riviermonding, die strandmeer en die Tsitsikammaberge in die verte. Daar is 'n kristalhelder swembad, 'n plonspoel vir kinders en veilige parkeerplek.

Dié woonstel is modern versier met oorgenoeg sitplek in die sitkamer, by die etenstafel en op die groot patio met 'n stoeptafel. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied ongelooflike uitsigte en kry oggendson dwarsdeur die jaar. Daar is 'n uitsig oor die baai en sonsopkoms is veral pragtig. As jy gelukkig is kan jy 'n volmaan beleef wat oor die see opkom.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubblebed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. In die tweede slaapkamer is daar 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die gesinsbadkamer is daar 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het genoeg sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met ingeboude braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by 21 Arrowood sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 21 Arrowood gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za