Marina Martinique Akkommodasie by 21 Jamaican Palms | LekkeSlaap
+42

21 Jamaican Palms

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jamaican Palms 21, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 600 R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

21 Jamaican Palms bied selfsorgverblyf in 'n veiligheidskompleks in Marina Martinique tussen Jeffreysbaai en Ashton Bay. Die eenheid is nie geskik vir kinders onder 6 jaar nie.

Die eenheid front noord en is op die grondverdieping langs die kanaal. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en, om die beddens te laat pas, is die een 3 cm korter as die ander. Indien gaste 'n langer bed verkies, sal hierdie kamer nie werk nie. DIe tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en 'n elektriese oond, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser en waterfiltreerder toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met Premium DStv-kanale, gratis WiFi en Netflix.

Die eenheid bied 'n pragtige uitsig oor die water en die tuin. Die stoep het 'n ingeboude braai en glas skuifdeure wat na die houtdek met 'n uitsig oor die kanaal lei. Die dek het stoele en sambrele.

Daar is plek vir gaste om hul eie boot saam te bring, maar Marina Martinique se reëls geld. 'n 2-sitplek-kajak, 'n ingeboude waterfiltreersisteem en 3 strandstoele is beskikbaar. Die eenheid bied veilige parkeerplek vir voertuie.

Die strand het 2 restaurante en 'n gewilde hengelplek net so 500 m van die eenheid af. Ashton Bay het 'n winkelsentrum met 'n restaurant, koffiewinkel, drankwinkel, haarkapper en 'n klein kruidenierswarewinkel sowat 2 km van die Marina af. Die plaaslike Pick n Pay, Dis-chem en Woolworths bied ook aflewerings.

Gaste kan op die perseel swem, hengel en bootvaar. Doendinge in die omtrek sluit branderplankry, perdry, voëlkyk, gholf, hengel en tennis in. Marine Wharf Restaurant is op die perseel en hulle bied ook bootvaarte op die kanaal. Hulle tel jou sommer by jou verblyf op indien jy dit so verkies.

Slaapplek

’n Bespreking by 21 Jamaican Palms sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir 21 Jamaican Palms
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Jamaican Palms 21, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink 21 Jamaican Palms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 600
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
was R1 600
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jamaican Palms 21, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe0045329c86205bb2ab345945bc331274b211568b54c59dc9270f6aa153b0e1a20527fb1a11cdcae8f2334ecb79e370b484d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 600, nou Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 16 5 1 5 21 Jamaican Palms Marina Martinique 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.077733 24.917834
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za