210 Breakers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

210 Breakers bied gerieflike selfsorgverblyf in ‘n drieslaapkamerwoonstel wat ideaal vir ‘n gesin is. Dis in die Breakers Oord in Umhlanga met toegang tot die promenade en die strand. Die woonstel lei na die oord se tuin.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 in 3 kamers. Die hoofslaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en stort. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ‘n stort en toilet. Daar is ook ‘n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea, wat na ‘n stoep met stoepmeubels lei.

Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof, oond en mikrogolf. Die sitarea het ‘n TV met sekere DStv-kanale. Lugversorging is ook beskikbaar.

Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Daar is kelderparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste het toegang tot die hotelgeriewe, al word die woonstel privaat besit. Hotelgeriewe sluit ‘n ginmasium, internet-sitkamer, speelarea vir kinders, salon, putt-putt, restaurant en 3 swembaddens, waarvan 1 verhit is, in.

Die gewilde Umhlanga-promenade strek oor 2,5 km vanaf die Breakers Oord tot by die Malindi-kompleks in die suide. Die promenade is ideaal vir ‘n wandeling of om te draf. Dis ook naby winkels en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by 210 Breakers sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 210 Breakers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za