Simbithi Eco Estate Akkommodasie by 22 Ilala HL278 | LekkeSlaap
+12

22 Ilala HL278

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Landlau-rylaan, Simbithi Eco Landgoed, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 580 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

22 Ilala HL278 bied selfsorgverblyf in 'n woonstel op die eerste verdieping op die Simbithi Eco Landgoed in die hartjie van Ballito. Dit is net 30 minute se ry vanaf Durban en 20 minute se ry vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Die Eko-gedeelte van die landgoed het 4 gemeenskaplike areas met swembaddens, 'n rugbyveld, putt-putt, piekniekareas, braaigeriewe, stap- en fietsroetes, 'n perdeklub en verskeie voël- en diere-lewe. Die gholf-gedeelte van die landgoed het 'n 18 putjie-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is met Die Simbithi Buiteklub wat 'n kroeg, sitarea en gratis WiFi het. Die bekende Fig Tree Restaurant is ook daar en het 'n veilige Adventure Playground vir kinders, 'n swembad, tennisbaan en 'n gimnasium.

22 Ilala HL278 bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die twee kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n plafonwaaier en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met stoepmeubels, sonstoele en 'n gasbraai,

Die Ilala-kompleks het 'n swembad, tennisbaan en 'n klubhuis met braai-areas.

Slaapplek

’n Bespreking by 22 Ilala HL278 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir 22 Ilala HL278
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Langs Landlau-rylaan, Simbithi Eco Landgoed, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 22 Ilala HL278 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 580
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 580
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Landlau-rylaan, Simbithi Eco Landgoed, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKad2byiiyJ4v025WPLd8FLaZ1tfnvXQbq7YTQ97sCk0xQng6sg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 580  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Off Landlau Drive Simbithi Eco Estate 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.515412 31.22474
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za