25 The Tides

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

25 The Tides is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Struisbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en weg van die gedruis van die stad af.

Die woonstel is smaakvol versier en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, waarvan die hoofbadkamer en suite is. Daar is nog ’n slaapkamer met 2 enkelbeddens en ’n kas. Die kamer is op die groot oorloop van die trappe tussen die ander twee kamers. Dit is beskut van 3 kante af en is ideaal vir jong gaste.

Die kombuis is goed toegerus en ruim, met 'n 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv (Premium-pakket). WiFi is ook beskikbaar. Skuifdeure lei van die leefarea na die patio, met 'n buitetafel en stoele waar gaste kan sit en die sonsondergang kan geniet of gebruik maak van die ingeboude braaigeriewe.

Die kompleks het ook 'n groot swembad waarin gaste kan afkoel op luilekker somersdae. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar vir 1 motor, agter die afstandbeheerde hek van die kompleks asook 'n ander gereserveerde parkeerplek vir nog 'n voertuig. 25 The Tides is slegs sowat 200 meter vanaf die hoofswemstrand en 'n kort motorrit vanaf die winkels, restaurante en ander geriewe.

Die eienaar bestuur PerSea Fishing Adventures en spesiale tariewe is beskikbaar vir gaste.

Slaapplek

'n Bespreking by 25 The Tides sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 25 The Tides gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za