LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 26 Bronze Bay | LekkeSlaap
+10

26 Bronze Bay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 52, Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

26 Bronze Bay bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamer-duplekswoonstel met 'n pragtige see-uitsig. Die woonstel is in die Bronze Bay-strandfrontkompleks in Umhlanga. Dit is op die boonste verdieping en word met 'n hysbak bereik.

Die woonstel het lugversorging, beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het lieflike see-uitsigte, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en lei na 'n grasperk. Dié 2 slaapkamers gebruik 'n gastebadkamer met 'n stort en 'n toilet.

Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea op die boonste verdieping en bied 'n lieflike see-uitsig. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n TV met DStv.

Die balkon het 'n spiraaltrap wat na die swembad lei. Daar is ook 'n braai en 'n beskutte area. Die swembad word met die duplekswoonstel langsaan gedeel.

Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek agter 'n hek en daar is daagliks sekuriteit tussen 18:00 en 06:00.

Slaapplek

’n Bespreking by 26 Bronze Bay sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Lagoon-rylaan 52, Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 52, Bronze Bay, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA58JxmsMbWBmMMSl4XzrOykW8qZ0H3Sn2IJp9tRmTSEEnVX6xR5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 650  per nag (plek vir 6) 52 Lagoon Drive Bronze Bay 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.719596023621 31.09059735582
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!