26 Cabana Del Sol

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

26 Cabana Del Sol is 'n selfsorgwoonstel in Winkelspruit, 'n klein oorddorpie suid van die Klein-Manzimtotirivier in KwaZulu-Natal. Die kompleks is op die strandfront en bied 'n swembad, braaigeriewe, 'n see-uitsig en direkte toegang tot die strand. Die eenheid is op die eerste vloer met 'n wonderlike uitsig van die see en die strand van die balkon, hoofslaapkamer en die derde slaapkamer af.

Die woonstel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo en daar is 2 stapelbeddnes in die derde slaapkamer. Die eenheid is ideaal vir 4 volwassenes en 4 kinders. Elke kamer het 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler.

Die kombuis is ten volle toegrus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n platskerm-TV teen die muur met DStv en 'n DVD-speler.

Parkeerplek vir 1 voertuig binne die kompleks agter 'n hek met 'n sekuriteitswag en afstandbeheer-toegang word voorsien. Nóg parkeerplek is beskikbaar teen die ekstra koste van R50 per voertuig per dag. Parkeerplek binne die kompleks is beperk tot 2 voertuie.

Troeteldiere word nie by Cabanas del Sol toegelaat nie, maar as jou dierekinders ook die strand wil geniet sal die plaaslike DBV meer as bereid wees om vir hulle verblyf te verskaf. Dan kan gaste hulle troeteldiere oplaai en vir daguitstappies na die strand of parkie neem.

Slaapplek

'n Bespreking by 26 Cabana Del Sol sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 26 Cabana Del Sol gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za