26 on Chardonnay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

26 on Chardonnay bied luukse selfsorgverblyf aan gholfspelers, gesinne of vriende wat op soek is na genotvolle verblyf in die platteland. Dit is in die Silwerstrand Gholflandgoed geleë en is 'n veilige en rustige huis wat jou siel sal voed.

Maak jouself tuis in dié luukse oopplan-huis. Die huis het 4 slaapkamers wat elk beskik oor sy eie en suite-badkamer. Die huis het altesaam slaapplek vir 8. Die een en suite-badkamer het 'n bad en die ander 3 het almal storte. Elke kamer het enkelbeddens wat oorgetrek is met gehalte-linne.

Die huis spog ook met 'n volledig toegeruste kombuis, binnebraai, skottelgoedwasser, eetkamer met 'n kaggel en 'n sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale. Buite kan gaste lekker op die stoep sit en die asemrowende omgewing gade slaan. Twee enkelmotorhuise is beskikbaar vir veilige parkeerplek.

Of jy nou hier is om die landgoed se gholfgeriewe te benut, en of jy nou net wil draf of fietsry - ons selfsorgverblyf is ideaal! Dit is ook perfek vir diegene wat net die Robertsonvallei en sy besienswaardighede, wynkelders, restaurante en feeste wil verken. Ons waarborg onvergeetlike verblyf!

Kinders is meer as welkom, maar ongelukkig is ons nie troeteldiervriendelik nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 26 on Chardonnay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Satelliet-TV

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 26 On Chardonnay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 440 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za