273 Rhino Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

273 Rhino Retreat is in Zwartkop, Centurion in ’n baie bekende en veilige area geleë.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede op die eienaar se perseel gebied wat elk ’n privaat ingang het.

Rhino Retreat het ’n dubbelbed en Tarentaal Retreat het 'n driekwartbed. Elke eenheid het ’n kombuisie, slaaparea en en suite-badkamer. Die kombuisie is toegerus met ’n yskassie, induksiestoof met 1 plaat, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Daar is ook ’n platskerm-TV wat teen die muur aangebring is. Rhino het n volle DStv-pakket en Tarentaal het OVHD TV. Altwee eenhede het gratis WiFi. Veilige parkeerplek agter ’n afstandbeheerde hek is ook beskikbaar.

Die perseel is 3 km van Centurion Mall af en ’n kort ent se ry na die Centurion Gautrain-stasie en Unitas Hospitaal. Verder het dit maklike toegang tot die N1 en N14-hoofweë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 273 Rhino Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R395 R356 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za