Lyttelton Manor Akkommodasie by 282 Guesthouse | LekkeSlaap
+9

282 Guesthouse

5 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 R480 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

282 Guesthouse bied gerieflike verblyf in 'n privaat selfsorg-eenheid in Lyttelton, Centurion. Dit is sowat 4,3 km vanaf Waterkloof Lugmagbasis en 2 km vanaf Netcare Unitas Hospitaal.

282 Guesthouse het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die eenheid het 'n slaapkamer, badkamer, en 'n oopplan-kombuis, eetkamer en sitkamer. Die oopplan-area is toegerus met lugversorging en daar is 'n koningingrootte-bed en 'n lessenaar in die slaapkamer. Die dubbelslaapbank in die leefarea is geskik vir 'n 2 kinders of 2 volwassenes. Die badkamer het 'n stort, wasbak, toilet, en die geiser werk met sonkrag. Daar is 'n gasstoof, yskas, mikrogolf, ketel en broodrooster in die kombuis. 'n Haardroër, styrkyster en -plank, en 'n TV met sekere DStv-kanale is beskikbaar. En linne en handdoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot gratis parkeerplek agter 'n hek wat werk met afstandbeheer. Die eenheid word twee maal per week skoontemaak en ekstra skoonmaakdienste is beskikbaar op versoek wanneer jy bespreek.

Lyttelton is lekker sentraal en bied gerieflike toegang tot Pretoria, Midrand en Johannesburg via die hoofweë. Daar is flieks, restaurante, kruidenierswinkels, en 'n paar winkelsentrums in die omgewing. Centurion Winkelsentrum is sowat 6 km van hier af. En die naaste wassery is net 3 km van hier af.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir 282 Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink 282 Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R600
Vanaf R480
per nag (vir 2 persone)
was R600
Vanaf R480
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ4MjkyNjNhLTg3ODEtNGZmMC1iZjM1LWY4MDNhMDJjZTZjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R600, nou Vanaf R480  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 282 Cilliers Lane Lyttelton Manor 0157 Gauteng 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -25.819777696395 28.201074790177
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za