2OpTerblanche
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
- Geen kinders onder 16
- Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
2OpTerblanche Gastehuis en B&B bied jou 'n vreedsame tuiste in 'n boomryke woonbuurt, Bardene, in Boksburg. Ons is slegs 10 minute se ry van die lughawe af ('n pendeldiens is beskikbaar) en is dus ideaal vir gereelde besoekers of sakereisigers in dié area.
Daar is 3 individueel versierde gastekamers met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Elke kamer het 'n 32" platskerm-TV met OVHD satelliet-toegang, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi. Die gemeenskaplike ontspanningsarea bied 'n keur leesboeke, DVD/Blu-Ray. Ons bied ook dienste vir sakereisigers soos fotokopiëring, skandering- en drukgeriewe.
Word wakker en begin jou dag met 'n heerlike Kontinentale ontbyt in ons gerieflike eetarea of 'n wegneem-ontbytpakkie vir die doutrappers. Die gastehuis het 'n pragtige ontspanningsarea vir ligte middagetes en daar is ook 'n ingeboude braai-area en 'n kroeg. Geen alkohol word op die perseel verkoop nie en ons vra ook nie kurkgeld nie. Daar is ook glase en ys tot jou beskikking. Die ontspanningsarea en al die slaapkamers het deure wat lei na die skitterende swembad en ontwerperstuin.
Ons is binne stapafstand van 'n verskeidenheid doendinge soos 'n keuse van winkels, die Virgin Active-gimnasium en die Birchwood Hotel en Konferensiesentrum. Die Boksburg-meer is 'n gewilde plek om boot te ry, te hengel, watersport te beoefen en te gaan stap. Die East Rand Mall is een van die mees populêre en grootste winkelsentrums in Johannesburg en bied sowat 170 verskillende winkels en uitgebreide ontspanningsgeriewe. Emperor's Palace en Carnival City is albei binne 15 minute se ry van ons af.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink 2OpTerblanche het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Impala Park Kemptonpark Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
- Geen kinders onder 16