Marina Martinique Akkommodasie by 3 Jamaican Palms | LekkeSlaap
+16
+16

3 Jamaican Palms

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Jamaican Palms, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

3 Jamaican Palms bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die eerste verdieping en bied 'n uitsig oor die kanaal. Die eenheid is in 'n sekuriteitskompleks in Marina Martinique tussen Jeffreysbaai en Astonbaai en word omring deur seewaterkanale wat 7 km lank is. Die verblyf is ideaal vir kort of lang gesinsvakansies.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die sitarea het trappe wat na 'n solder-area lei wat in 'n tweede sitarea omskep is. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die hoofsitarea het stapeldeure wat na 'n beskutte patio lei. Die patio het 'n ingeboude braai, 'n etenstafel en stoele en 'n uitsig oor die kanale. Daar is 'n TV met DStv Premium in die hoofsitkamer, 'n TV met 'n DVD-speler in die solder-area en 'n TV in die tweede slaapkamer.

Die Marina Wharf Restaurant is op die perseel, hulle bied ook bootvaarte op die kanale en hulle kan gaste by hul blyplek optel as hulle dit so verkies. Die Arthur Fennel Park is 'n klein natuurreservaat op die perseel waar bokke vrylik rondbeweeg in die oggend-ure.

Die strand is net 550 m van die woonstel af waar die bekende restaurante Walskipper en Tapas is en dit is ook 'n bekende visvangplek. Gaste kan op die perseel, swem, visvang en bootry. Doendinge in die area sluit branderplankry, skubaduik, perdry, voëlkyk, gholf, visvang en tennis in.

Jeffreysbaai is ongeveer 4 km vanaf die marina, een van Suid-Afrika se wêreldberoemde branderplank-mekkas. Dolfynstrand is 'n gesertifiseerde Blouvlagstrand en is ideaal vir vlieërbranderry. Daar is ook verskeie restaurante, koffiewinkels, geskenkwinkels, 'n Billabong-winkel en die Charlotte Kritzinger Seashell Museum wat meer as 600 verskillende skulpe het van al die oseane.

Slaapplek

’n Bespreking by 3 Jamaican Palms sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir 3 Jamaican Palms
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 3 Jamaican Palms, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Gaste dink 3 Jamaican Palms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Jamaican Palms, Marina Martinique, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArRbYYOFGq5Y3xVKwu1LEB8T33dwVA0MUhAvCi25kKX1Hb6N9GQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 3 Jamaican Palms Marina Martinique 6332 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.077957653056 24.91736215602
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za