3 Palms B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

3 Palms B&B is in Kuilsrivier, een van die Noordelike Voorstede van Kaapstad, geleë en bied billike tariewe. Indien jy op soek is na wonderlike Suid-Afrikaanse gasvryheid, is jy op die regte plek.

Verblyf word aangebied in 9 ruim dubbelkamers met en suite-badkamers. Die onderste slaapkamers is rolstoelvriendelik en het privaat tuine. Troeteldiere is in die onderste kamers welkom indien dit vooraf gereël word. Elke kamer het 'n platskerm-TV (HD) met DStv, WiFi, 'n waaier, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die volgende geriewe is ook beskikbaar: gefiltreerde water, hoë spoed-internet, faks- en kopieergeriewe. Buite is daar 'n swembad, braaigeriewe en 'n lapa. Op versoek kan 'n veiligheidsnet op die swembad gesit word indien gaste kinders saambring. Let wel, daar is honde, katte en voëls wat op die perseel bly.

'n Plaasontbyt en aandete is beskikbaar op versoek. Ons kan voorsiening maak vir Halaal kos, maar reël dit asb. vroegtydig met bestuur. 'n Wasgoeddiens en pendeldiens is beskikbaar op versoek. Spesiale tariewe geld vir gaste wat 2 weke of langer bly.

3 Palms B&B is sentraal geleë met maklike toegang tot Kaapstad Internasionale Lughawe, die Kaapse middestad, die N1- en die N2-hoofweë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 3 Palms B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]